Afrikaans

Die Christelike meditasietradisie, wat die aandag fokus op ‘n enkele heilige frase (mantra), is deur die Engelse Benediktyn, Dom John Main (1926-82) opnuut laat herlewe. Hy het ‘n ekumeniese Christelike Meditasiesentrum in Londen gestig (1975) en het daarna, tesame met Dom Laurence Freeman OSB, ‘n meditasiegemeenskap vir kerklikes en gewone mense in ‘n klooster in Montreal tot stand gebring (1977). Die Wêreldgemeenskap vir Christelike Meditasie is in 1991 in Londen in die lewe geroep onder die leiding van Dom Laurence en ‘n raadgewende liggaam wat uit internasionale lede bestaan. Die gemeenskap lê hom daarop toe om die tradisie van meditasie soos dit deur John Main geleer is, oor te dra en te koester in belang van eenheid. Hierdie missie word verwesenlik deur ‘n uitgewersmaatskappy (Medio Media), ‘n Internasionale Sentrum in Londen, ‘n internasionale nuusbrief wat kwartaalliks verskyn en die jaarlikse John Main Seminaar.

Die basis van hierdie globale gemeenskap is plaaslike meditasiegroepe, wat weekliks saamkom waar hulle ook al bestaan: in huise, gemeentes, kantore, hospitale, tronke en skole in meer as ‘n honderd lande. Die Wêreldgemeenskap bied retreats, seminare, lesings en ander programme aan, insluitend interdenominale gespreksvoering. Inligting oor bestaande programme en hoe om met plaaslike meditasiegroepe in Suid-Afrika kontak te maak kan elders op hierdie webwerf aangetref word. Vir inligting oor groepe, aktiwiteite en nuus oor die wêreld, besoek gerus die Wêreldgemeenskap se internasionale webtuiste, www.wccm.org.

Die Wêreldgemeenskap vir Christelike Meditasie nooi mense vanuit alle geloofstradisies om mee te doen aan ‘n tradisie wat aan almal gemeenskaplik is en wat bydra tot die verdieping van die innerlike lewe.

Donasies kan gemaak word aan :

RB_Cover_Image_google_plusFirst National Bank

Rekening naam: World Community for Christian Meditation SA

Rekening nommer : 62170978252

Tak kode : 251145

 

Vir nadere besonderhede stuur epos aan Johan van den Heever vdhj100@gmail.com